Sunday, 18 May 2025

Oomblik van stilte: Jer. 39:18

Want Ek sal jou sekerlik laat vryraak, en jy sal deur die swaard nie val nie; maar jou siel sal vir jou 'n buit wees, omdat jy op My vertrou het, spreek die HERE

Jeremia het vir die volk baie opdragte gegee volgens God se woord om uit te voer, sodat hulle, hulle kon bekeer, maar hulle wou nie luister nie.
Ebed-Meleg, (die Kusiet) het hom ontferm oor die lot van Jeremia, en bg. vers is na aanleiding van sy pleit by die koning en redding van Jeremia gespreek.
Meeste mense sal nie luister na die waarskuwings van die profete nie; die wat wel sal luister, is juis die van wie ons dit nie verwag nie, soos die Kusiet, 'n afstammeling van Gam.
Maak nie saak van watter stam jy nou is nie, luister en wees gehoorsaam aan God; Sy bloed het jou gereinig en geheilig en jy is gered vir sy koninkryk, sonder enige goeie werke van jou kant af, maar vanweë die liefde van die Vader. 

Here, dankie dat U ook oor my uitroep dat ek nie sal sterf deur die swaard nie. Ek glo in U die Seun van God die Vader en dat U vir my gesterf het aan die kruis. U bloed het my skoon gewas en gereinig tot u eer. Dis waar ek vandag staan, in triomf in die Naam van Jesus Christus. Die Satan is onder my voete en Christus gee my oorwinning oor elke saak. Sodat ek die dood sal vryspring. U ewigheid is my erfdeel tot in u koninkryk. In u voorhowe sal ek Psalm sing. Amen. 

No comments:

Post a Comment