* Poeieronderlaag: Eerstens, moet dit nie invryf indien dit op jou klere beland het nie. Dis maklik om oortollige poeier af te skud, maar ’n vlek wat in die klere getrek het, is moeilik om uit te kry. Vat ’n mengsel van wit asyn en water om die vlek te verwyder.
* Vloei-onderlaag (liquid foundation): Wanneer jy hiermee ’n ongeluk gehad het, is skeerroom jou beste vriend. Dit verwyder vlekke wat deur ’n (olievry) onderlaag veroorsaak is op onder meer hemde se krae, matte en badmatjies. Jy kan ook ’n bietjie alkohol op die vlek smeer as die skeerroom alleen dit nie verwyder nie.
* Lipstiffie: Lipstiffie kan verwyder word deur die kledingstuk tien minute in seepwater te week, uit te spoel en weer in seepwater te was. Verwyder lipstiffiemerke van jou klere met bloekomolie.
No comments:
Post a Comment