"Hoekom dink jy so?" vra die oogarts.
Die man sê: "Ek is 'n inbreker van beroep en toe ek nou die aand 'n brandkluis wil oopmaak, begin die radio speel."
ooOOoo
"Nou wat beplan jy om aan daardie ekstra gewig te doen wat jy met jou saamdra?" vra die dokter vir die pasiënt.
"Ek kan net nie gewig verloor nie," sê die pasiënt. "Ek moet 'n ooraktiewe skildklier hê."
"Die toetse wys dat jou skildklier heeltemal normaal is," sê die dokter. "As daar iets is wat ooraktief is, is dit jou vurk."
ooOOoo
Die ontvangsdame hardloop by die dokter se spreekkamer in. Sy sê: "Dokter, dokter, daar's 'n spook in die ontvangskamer. Wat moet ek doen?"
Die dokter sê: "Sê vir hom ek kan hom nie sien nie."

No comments:
Post a Comment