'n Roos het langs 'n muur gegroei,
Die môredou het dit benat,
En God's lig het dit laat bloei,
So geurig soos 'n wierookvat.
--000--
Sy ranke het hy uitgestuur,
En groter ruimtes nagestreef,
Tot by 'n gaping in die muur,
In ligstraal het daar ingesweef.
--000--
Met nuwe krag het dit voortgebeur,
En onvermoeid ook volgehou,
Die lig, die dou, die visioen,
Was weer soos van oudsher af daar,
Sy blare was weer welig groen,
Sy bloeisels soet en rein en klaar.
--000--
Sal dan die dood ons hoop verdoof,
Ons moed ons faal in hierdie uur?
Nee, laat ons sterk wees in geloof,
Die roos groei voort oorkant die muur.
--000--
Daar sprei sy wierook oor die wand,
Daar bly hy in sonlig bloei,
Soos voorheen aan die binnekant,
So sal dit ewig aanhou groei.
--000--
Mag u krag in die gedagtes,
Vind dat in u groot verdriet,
Daar ander is wat met u deel,
Verlang om hulp en troos te bied.
[Suster - inwoner]
No comments:
Post a Comment