Hier is Ons Huis-inwoners wat nie meer familie het nie of hulle kinders bly oorsee - die storie van ons tyd. Die verlange na hul kinders gaan saam met 'n leemte wat hulle daagliks voel en wat aan hulle gemoed knaag. Hulle probeer die leemte wat hul kinders en kleinkinders los, vul met allerhande aktiwiteite of stokperdjies. Dit bly egter 'n probleem en soms soek hulle 'n gewillige oor om hierdie verlange mee te deel.
Kom neem gerus 'n oupa of ouma aan - kom kuier vir hulle, luister na hulle stories en brei jou plaaslike familiekring uit - iemand wat elke aand vir jou sal bid, wat graag vir jou 'n drukkie sal gee en wat uitsien na jou kuiertjies.
Moenie hierdie goue geleentheid deur jou vingers laat gaan nie.
No comments:
Post a Comment