Aan die eertydse blondines in Ons Huis wat nou almal getooi is met grysheid en gepaardgaande wysheid: geniet hierdie grappies ...
* Het julle geweet daar is 'n vereniging vir blondines gestig?
Hulle noem dit die Ama-dom-dom.
* Die blondine kuier vir die eerste keer op die plaas.
"Ek kan nie verstaan waarom die melk vanoggend so waterig lyk nie," sê die boervrou.
"Seker omdat die koeie die hele nag in die reën gestaan het," antwoord die blondine.
* "Kyk net, daai vrou het groen hare!" sê die een blondine aan die ander.
"Ek wonder hoe kry sy dit so?"
"Sy is seker 'n vegetariër."
* Hoekom dink julle neem dit 'n blondine so lank om 'n soutpotjie vol te maak?
Sy sukkel om die sout deur die gaatjies te kry.
[Word vervolg!]
No comments:
Post a Comment