en tot in die ouderdom toe is Ék dieselfde, ja, tot die grysheid toe sal Ek julle dra; Ek het dit gedoen, en Ék sal julle opneem, en Ék sal dra en red.
Niks is vir die Here te veel moeite nie, want alles is uit liefde gedoen.
Die Here wil jou optel en dra wanneer dit swaar gaan.
Die Here sal jou red wanneer die vyand jou aanval en oorrompel.
As jy oud raak en nie meer die krag van 'n jong mens het nie, sal die Here jou opneem en dra en uitred.
Dankie Here, U tel almal op en u redding is vir alle mense. U is nie 'n aannemer van die persoon nie. Ek verdien nie om met genade gered te word nie want my hele lewe het U nie altyd geëer nie. Wie kan ek U mee vergelyk? Daar is niemand met wie ek U kan gelykstel nie. U staan bo alles en almal uit, u koninkryk is 'n ewige koninkryk. U is die Almagtige God wat alles sien en u liefde het my gedra en gered. Amen.
No comments:
Post a Comment