Tuesday 1 August 2023

Sop en vetkoek vir 'n warmer wintersdag

29 Julie 2023 was 'n bittere koue Saterdag in Kimberley. Ons gemeente, Dutoitspan, het al bibberende die weer getrotseer om die jaarlikse basaar by te woon. Ons Huis-inwoners het gehoor van die kerkbasaar, maar vir sommige van ons is 'n basaar 'n vae herinnering van ons kindertyd of ons kinders se kindertyd. Vir diegene wat nog oorweeg het om die basaar by te woon, het die koue finaal daardie gedagte die nek ingeslaan.

Party van ons het 'n sonkolletjie gaan opsoek, terwyl ander sommer onder die warm komberse ingeklim het in 'n poging om 'n bietjie hitte in die stram spiere en koue gebeente te sit.

Die wintersdag het egter skielik warmer geword toe lede van die Angels met potte vol heerlike dik tuisgemaakte sop by Ons Huis opdaag, saam met 'n ander groot gunsteling, naamlik vetkoekies.   

Sop in die winter is trooskos ... onthoukos ... koesterkos!







1 comment: