Tuesday 22 August 2023

Dinsdag-denke: God sê ...

God sê: My kind, die foute wat jy gemaak het, bepaal nie wie jy is nie ... Wie jou gemaak het, bepaal wie jy is ... En dis EK, jou Hemelse Vader. Die prys waarvoor iets gekoop word, bepaal die waarde van 'n item ... En die enigste prys waarmee Ek jou kon koop, was met My lewe ... Kom kyk vir 'n slag na jouself deur My oë. Ek ken jou potensiaal, Ek weet waartoe jy instaat is. Ek ken die wenner binne in jou. Ek ken jou mooi hart. Ek ken jou sagte persoonlikheid. Ek sien ‘n pragtige mens wanneer Ek na jou kyk ... Dalk was daar dae wat jy gesê het jy glo nie in My nie, maar Ek sê vandag vir jou: Ek glo in jou!! Ek wil jou seer wegvat, jou glimlag weer terugsit op jou gesig. Ek wil jou weer laat glo jy kan . Ek wil jou optel en styf teen My bors vasdruk en vir jou wys Ek beplan vir jou ‘n mooi toekoms. Bly altyd glo ... want dis Hemel op aarde saam met My. 

[Geleen]

No comments:

Post a Comment