Sunday 27 August 2023

Besin oor die ouderdom ...

Besef julle die enigste tyd in ons lewens wanneer jy ouer wil wees, is wanneer ons kinders is?

Jonger as tien, is jy so opgewonde oor ouer word, jy dink sommer in desimale.
"Hoe oud is jy?" 
"Ek is vier en 'n half"
Jy's nooit 36 en 'n half nie, jy's vier en 'n half, amper vyf.
Dis die geheim.

Nou's jy 'n tiener, niemand kan jou keer nie, jy spring sommer na die volgende syfer toe.
"Hoe oud is jy?"
"Ek gaan binnekort 16 wees"
Jy kan nou 12 wees, maar uiteindelik gaan jy 16 wees.

Dan kom die groot dag, jy word 21.
Selfs die woord klink soos 'n seremonie.
Ja ... jy WORD 21!

Dan raak jy 30.
Wat's besig om te gebeur?
Hel, jy klink soos suurmelk.
Jy't geRAAK, wat het verander ?
Jy WORD 21, jy RAAK 30.

Dan NADER jy 40 ... nee, bly daar!

En jy BEREIK 50.

Jy WORD 21, jy RAAK 30, jy NADER 40,

Jy BEREIK 50, en dan MAAK jy dit tot by 60.

"Goeie genugtig. Ek't nie gedink ek gaan dit maak nie"

Jy WORD 21, jy RAAK 30, jy NADER 40,

Jy BEREIK 50, en dan MAAK jy dit tot by 60.

Teen daardie tyd het jy al so baie momentum opgebou, jy TREF 70.
Daarna is dit 'n dag tot dag ding.
Jy TREF Woensdag ...

In jou 80's, jy TREF middagete,
jy TREF slaaptyd.
Jy's nie seker of jy gaan wakker word nie.
Jy koop nie meer beleggings nie.

Aarde, jy koop nie eers groen piesangs nie.

Dis nog nie die einde nie.

In jou 90's gaan jy weer agteruit.

"Ek was NOU NET 93"

As jy 100 sien, gebeur daar 'n vreemde ding.

Jy raak weer soos 'n kind - "Ek's 100 en 'n half ..."

No comments:

Post a Comment