Thursday 19 September 2024

DIE LAASTE SEISOEN VAN DIE LEWE !!!

Die meeste van ons is nou in die laaste kwart van ons lewe en behoort hierdie interessante stukkie raad te lees. Stof tot nadenke.

Jy weet, tyd het 'n manier om vinnig te beweeg en jou onbewustelik te vang. Jare gaan so vinnig verby.
Dit voel soos gister toe ek jonk was en my nuwe lewe aangepak het. Tog, op 'n manier, voel dit soos jare gelede, en ek wonder waarheen al die jare gegaan het.

Ek weet dat ek hulle almal geleef het. Ek het 'n blik op hoe dit destyds was en van al my hoop en drome.

Hier staan ek nou in die laaste kwart van my lewe en dit vang my onverwags!!!

Hoe het ek so vinnig hier uitgegekom?

Waar het die jare heen gegaan en waarheen het my jeug gegaan??

Ek onthou goed wat ek gedink het as ek ouer mense gesien het. Ek het onder andere gedink dat daardie ouer mense jare van my denkpatroon en planne verwyder is en dat ek in die eerste kwartaal van my lewe is en dat hulle in die vierde kwartaal was. Ek kon myself nie in hulle skoene plaas of my ten volle indink hoe ek sou optree as ek so oud is nie.

Tog, hier is dit!! My vriende is afgetree en word grys, hulle beweeg stadiger en ek sien 'n ouer persoon in die spieël na my terugkyk. Sommige vriende is in 'n beter en ander in 'n slegter situasie as ek, maar ek sien die groot verandering. Hulle is nie meer jonk en lewenslustig nie. Maar, soos ek, begin hul ouderdom wys en ons is nou daardie ouer mense wat ons vroeër gesien het en nooit gedink het ons sou word nie.

Nou ervaar ek amper elke dag dat net om te stort 'n ware teiken vir die dag is en om 'n middagslapie te neem, is nie meer 'n bederf nie!! Dit is verpligtend, want as ek dit nie uit vrye wil doen nie, raak ek aan die slaap waar ek sit.

En so, het ek hierdie nuwe seisoen van my lewe binnegegaan, onvoorbereid vir al die pyne en die verlies aan krag en vermoë om dinge te gaan doen wat ek wens ek gedoen het, maar nooit gedoen het nie. Ten minste weet ek dat, al is ek in die laaste kwartaal en ek nie seker is hoe lank dit sal duur nie, dat wanneer dit verby is op hierdie aarde, dit alles verby is. 'n Nuwe avontuur sal dan begin!!

Ja, ek is spyt. Daar is dinge wat ek wens ek nie gedoen nie; dinge wat ek moes gedoen het, maar daar is werklik baië dinge wat ek bly is dat ek dit gedoen het. Dit is alles in 'n leeftyd.

As jy nog nie in die laaste kwartaal is nie, laat ek jou herinner dat dit vinniger sal aanbreek as wat jy dink. Wat jy ook al in jou lewe wil bereik, doen dit sommer nou. Moenie dinge te lank uitstel nie. Die lewe gaan vinnig verby. Doen vandag wat jy kan, want jy kan nooit seker wees of jy alreeds in die laaste kwartaal is of nie.

Jy het geen belofte dat jy al die seisoene van die lewe sal sien nie. So, leef vir vandag en sê al die dinge wat jy wil hê jou geliefdes moet onthou - en hoop dat hulle jou waardeer en liefhet vir al die dinge wat jy vir hulle gedoen het in al die afgelope jare.

'Lewe' is 'n geskenk aan jou ...! Wees gelukkig!!

Onthou, dit is gesondheid wat ware rykdom is en nie goud, silwer of eiendom nie.

Jy mag dalk dink: Om uit te gaan, is goed - maar om terug te keer huis toe, is baie beter !!!

Jy vergeet name - maar dis ook reg so, want sommige mense het alreeds vergeet dat hulle jou ooit geken het!!!

Jy besef, jy gaan nooit regtig goed wees in iets soos gholf nie – maar jy hou van die buitelewe. So doen dit.

Die dinge wat vroeër vir jou belangrik was om te doen, stel jy nie meer belang in nie - maar jy gee regtig nie meer om dat jy nie soveel daarin belangstel nie.

Jy slaap beter op 'n sitkamerstoel met die TV aan as in die bed - jy noem dit 'voorslaap'!!! As jy dit geniet, doen dit.

Jy mis die dae toe alles gewerk het met net 'n aan- en af-skakelaar!!!

Jy het baie klere in jou klerekas, waarvan jy meer as die helfte nooit weer sal dra nie – maar jy hou dit net vir ingeval !!

* Oud is goed. 
* Oud is gemaklik.
* Oud is veilig.
* Ou liedjies.
* Ou flieks.
* en - die beste van alles,
* Vriende van ouds!!!

So, bly gesond, ou Vriend.
Geniet 'n fantastiese dag.
Geniet 'n wonderlike kwartaal, in watter een jy ook al is!!!
Kyk mooi na jouself.

No comments:

Post a Comment