Sunday 22 September 2024

Oomblik van stilte: Mark. 16:20

Maar hulle het uitgegaan en oral gepreek, en die Here het saamgewerk en die woord bevestig deur die tekens wat daarop gevolg het.

God wil aan jou sy krag openbaar, deur jou geloof sodat jy sy woord kan verkondig. Die Here sal saam met jou werk en jou dade sal met tekens bevestig word. God wil sy Naam verheerlik deur jou dade in sy woord. Preek en leef die Woord van God uit soos wat God jou gemaak het met die talente wat Hy vir jou gegee het.

Dankie Here, vir die oorvloed van talente en strome van seën. Hoe sou ek kon oorwin op my eie, maar U gee my u oorwinning daagliks. Ek sal al u werke doen, sodat u Naam verheerlik kan word. Ek weet dat hoe swakker ek is, hoe sterker is U, my Here, en my God. Amen.

[Aangestuur deur Pieter Swanepoel]

No comments:

Post a Comment