Sunday 15 September 2024

Oomblik van stilte: Hos. 12:7

En jy, tot jou God moet jy terugkeer, beoefen liefde en reg; en hoop gedurigdeur op jou God.

Laat die wêreld los al is dit baie moeilik en fokus op God en wees lief vir mense. Daar is vir jou net een God. Die God wat alles gemaak het vir Hom alleen moet jy lewe. Christus het vir jou die ware lewe gegee (1 Kor. 8:6)
Die een wat sy lewe ter wille van Jesus verloor sal dit vind maar hy wat sy lewe wil behou sal dit verloor (Matt. 10:39)

Dankie Here, vir die goeie gawe van die ewige lewe. Ek is so dankbaar dat U vir my die ewige lewe gegee het toe ek nog dood in my sondes was. Ek het deur die doop as teken, saam met U gesterf en weer in 'n nuwe lewe opgestaan. Leer my ook die skepping wat U so lief het, ook lief te hê. U is my Redder, my Geneesheer en my Vredevors. Amen.

[Aangestuur deur Pieter Swanepoel.]

No comments:

Post a Comment