Saturday 21 September 2024

Saterdaglagmedisyne

Ouma se oudste kleinkind gaan tydens die skoolvakansie by haar kuier. Hy is in graad 1 en baie opgewonde om onder die streng oë van sy ma weg te kom. Ouma het haar eie agenda vir die vakansie.
Volgens haar eet die outjies heeltemal te min groente in die stad, gevolglik is groente baie hoog op haar vakansie-agenda.

Na herhaaldelike smekinge en later dreigemente, sê ouma vir die kleinkind wat nie sy pampoen wil eet nie: "Wag maar, vannag kom die duiwel jou haal."

Daardie nag begin dit vreeslik reën. Die donderweer dreun en weerligstrale klief deur die lug. Die ouma raak bekommerd en wil by haar kleinkind gaan inloer om seker te maak hy is nie bang nie. Tot haar verbasing is hy nie in sy kamer nie. Sy kry hom voor 'n oop yskas besig om pampoen te eet.

Kort-kort prewel hy: "So 'n hengse lawaai, en dit alles oor 'n bietjie pampoen!"

No comments:

Post a Comment