Tuesday 17 September 2024

Nuttelose feite vir die interessantheid daarvan

Die plastiekbottels vir gaskoeldrank is vir die eerste eer in 1973 gebruik

Die eerste valskermsprong is in 1912 deur 'n kaptein Berry van St. Louis, Missouri, VSA, gedoen.

Sedert die bekendstelling van die liedjie Memory in die musiekblyspel Cats in 1981 is dit al meer as 'n miljoen keer oor die radio gespeel. 

In jou leeftyd sal jy ongeveer 75 000 liter water drink.

Warm water vries vinniger as koue water.

Die langste woord in die Oxford-woordeboek is pneumonoultramicroscopicsilicovolcanoconiosis.

In 1653 was Adriaan van der Donck die eerste en enigste prokureur in New York.

Die wêreld se oudste roos is in Duitsland en daar word geskat dat dit selfs so oud as 'n 1000 jaar kan wees.

In 1913 was die Rusiese lugdiens die eerste wat 'n toilet aan boord van sy vliegtuie bekend gestel het.

In 1894 het Thomas Edison en WKL Dickinson die eerste filmkamera bekend gestel.

Skerpioene gloei wanneer hulle onder ultravioletlig geplaas word.

'n Rot kan langer sonder water oorleef as wat 'n kameel kan.

Gemiddeld 12 pasgebore babas word daagliks vir die verkeerde ouers gegee.

[Nuttelose feite kan tot interessante tafelgesprekke lei.] 

No comments:

Post a Comment