Tuesday 11 January 2022

Dinsdag-denke: Mislukking

Mislukking beteken nie dat jy ‘n mislukking is nie …
Dit beteken wel dat jy nog nie suksesvol was nie.

Mislukking beteken nie dat jy nog niks bereik het nie …
Dit beteken wel dat jy al iets geleer het.

Mislukking beteken nie dat jy ‘n dwaas was nie …
Dit beteken wel dat jy hope geloof het.

Mislukking beteken nie dat jy verneder is nie  …
Dit beteken wel dat jy bereid is om te probeer.

Mislukking beteken nie dat jy nie oor die vermoë beskik nie …
Dit beteken wel dat jy dit op ‘n ander manier moet probeer doen.

Mislukking beteken nie dat jy minderwaardig is nie …
Dit beteken wel dat jy nie perfek is nie.

Mislukking beteken nie dat jy jou lewe gemors het nie …
Dit beteken wel dat jy ‘n rede het om van vooraf te begin.

Mislukking beteken nie dat jy moet moed opgee nie …
Dit beteken wel dat jy harder sal moet probeer.

Mislukking beteken nie dat jy dit nooit sal maak nie …
Dit beteken wel dat dit ‘n rukkie langer sal neem.

-Aangestuur-

[Lees nog Dinsdag-denke HIER]

No comments:

Post a Comment