Saturday 29 September 2018

Fout met die vliegtuig...

Ons klompie hier in Ons Huis is nie baie lief daarvoor om met die vliegtuig êrens heen te gaan nie ...

En hier is een van ons baie redes...

Die vliegtuig was op pad na die vertrekpunt op die aanloopbaan toe dit skielik tot stilstand kom, omdraai, en weer al die pad terugry na die eindbeheergebou toe. Na 'n uur vetrek die vliegtuig toe uiteindelik. Toe hulle in die lug is en die liggie vir die veiligheidsgordels afgaan, vra 'n passasier vir die lugwaardin wat die vertraging veroorsaak het.

"Die vlieënier was bekommerd oor 'n geluid in een van die enjins", antwoord die lugwaardin, "en dit het ons 'n rukkie gevat om 'n ander vlieënier te kry!"

No comments:

Post a Comment