Dankie vir al die Koos-grappe wat ingestuur is - geniet dit - dalk is daar 'n Koos ook in hierdie aftreeoord.
* Koos kry werk as 'n lewensredder in Durban.
Na sy eerste dag as lewensredder, kom Koos heel tevrede by die huis aan.
Koos aan sy vrou: "Weet jy, die mense wat hier in die see swem, is baie vriendelik. Nie minder as sewe mense het entoesiasties vir my gewaai nie."
* Koos het jare terug as bevelvoerder vir die weermag gewerk. Hy is met 'n groep manne vir 'n oorlewingskursus die woestyn in. Eendag roep hy die manne bymekaar.
Koos: "Ek het goeie én slegte nuus. Die slegte nuus is dat ons kos op is en dat ons van nou af op sand sal moet oorleef. Die goeie nuus is dat daar genoeg sand vir ons almal is."
* Koos het na 'n onsuksesvolle en uiters kort loopbaan as lewensredder by die polisie aangesluit. Die polisie versprei vier foto's van 'n gevaarlike misdadiger. Een foto van voor, een van agter, een van links en een van regs. Die stasiebevelvoerder gee vir Koos die 4 foto's van die misdadiger en reken by homself dat hierdie 'n feitlik onuitvoerbare opdrag vir 'n nuweling is. Maar dit is 'n goeie opdrag om te sien of Koos wel geskik is vir hierdie pos.
'n Paar uur later kry die hoof van die moord-en-roofafdeling die volgende faks: Het die foto's ontvang. Al vier is in hegtenis geneem - sersant Koos van der Merwe.

No comments:
Post a Comment