Thursday, 4 September 2025

Ouma se wenke: Vlekke

* Koppies: Week die vlek in 'n eetlepel sout en een koppie water. Nat sout verwyder die vlekke van koppies en pierings. Week koffiebekers oornag in 'n bleikmiddel om van vlekke ontslae te raak.

•Kougom: Verwyder kougom uit jou klere om die taai kol met grondboonbotter te smeer. Die olierigheid en so werk te mooi saam om die taaiheid uit te kry. So 'n klein bietjie vryf en alles is uit of vryf 'n ysblokkie daaroor sodat dit kan hard word en trek af. As dit 'n vlek los, druk 'n bietjie bloekomolie of terpentyn op. Dis geskik vir vloere, matte, teëls en materiaal.

* Marmervlekke: Om vlekke uit marmer te haal strooi jy fyn boraks op. Was dit na 'n paar minute af met warm water.

* Bloed: As die bloed reeds droog is, week in koue soutwater (een eetlepel sout per liter water).
* Mielieblom kan bloedvlekke verwyder. Spoel die vlek in koue water, vryf dan klam mielieblom in. Plaas die item in die son.
* Om bloedvlekke uit te kry – week goed in parrafien en dan weer in koue water.
* Sodawater of wit asyn haal gewoonlik bloedvlekke uit matte uit.
* Week bloedvlek in koue water indien moontlik voordat die bloed droog is - en was daarna met seep in koue water.

No comments:

Post a Comment