Washington - Mense wat nie die volle kursus antibiotika gebruik wat aan hulle voorgeskryf is nie, dra by tot die vorming van sogenaamde superkieme - bakterieë wat weerstand ontwikkel teen die behandeling.
Só sê Amerikaanse dokters, nadat 'n Gallup-peiling wat deur die Amerikaanse Longvereniging laat doen is, getoon het dat meer as die helfte van respondente ophou om antibiotika te gebruik wanneer hulle gesond voel.
Indien pasiënte nie die volledige kursus antibiotika gebruik nie, of kleiner dosisse gebruik, word net die swakste bakterieë doodgemaak. Die res oorleef, en bou weerstand op teen die medisyne, het dokters luidens USA Roday gesê. - Sapa.
(My dokter beklemtoon altyd dat ek my kursus antibiotika moet voltooi. Ek plaas 'n koerantberiggie waarop ek afgekom het om die dokters se opdrag te onderstreep. Luister maar na jou dokter - hulle weet altyd die beste.)
No comments:
Post a Comment