Sunday, 22 June 2025

Oomblik van stilte: Matt. 12:21

En op sy Naam sal die heidene hoop.

Psalm 22:2+7+9+17b+19
Wie is Jesus?
Hy is die Lam van God, geslag en sy bloed het jou gereinig en geheilig.
Jesaja sê 'n Seun is vir ons gebore ...
Sy naam is Immánuel Jes. 7:15
Jes. 9:5 'n Kind is vir ons gebore, 'n Seun is aan ons gegee; en die heerskappy is op sy skouer, en Hy word genoem; Wonderbaar, Raadsman, Sterke God, Ewige Vader, Vredevors (ook vers 6).

O Here. die koninkryk behoort aan U en die nasies sal U dien want U heers oor hulle (Ps. 22:29). Hef op julle hoofde, o poorte , ja verhef julle, ewige deure,  dat die Erekoning kan ingaan!(Ps. 24:7). Wie is tog die Erekoning? Die Here sterk en geweldig,  die Here geweldig in stryd. Op u Naam sal ek hoop. Amen.

No comments:

Post a Comment