Roep julle dan die naam van julle God aan, en ék sal die Naam van die Here aanroep; en die God wat met vuur antwoord, Hy sal God wees.
In die regeringstyd van Koning Agab het Elia die Here geraadpleeg en dit het vir drie jaar nie gereën nie.
Agab en Isebel het die profete van Israel vermoor en ander bose dinge gedoen en hulle het elke geleentheid gesoeknom Elia ook dood te maak.
Nou roep Elia, 54 profete van Baäl, voor die oë van Agab en daag hulle uit. 1Kon 18:24.
In vers 38 kom die Here en antwoord met vuur.
Die Baäl priesters word gedood.
Daarna kom die groot reën na drie jaar en die Here omgord Elia se heupe dat hy voor Agab met sy perde en strydwaens uit hardloop.
In Amerika is die altaar van die seksgod, Asjera (wat ook in die tyd van Agab vereer was), letterlik 'n jaar of twee terug, stukkend geslaan voor 'n groot skare.
Here, u alleen is die ware Alleenwyse God. U antwoord met vuur. U Heilige vuur verteer wat geen ander god kan doen nie, al dans en sny en roep die wêreld na hulle god. Net U alleen sal my antwoord. Net U alleen sal my versterk. U Heilige vuur sal oor my kom en U Heilige Gees sal my versterk en omgord, om staande te kan bly, in 'n verdraaide wêreld wat U bespot en verwerp. U vuur, reinig en heilig my, om in oorwinning u goeie boodskap uit te dra. En ék sal die Naam van die Here aanroep; die God wat met vuur antwoord, en U sal my God wees. Amen.
No comments:
Post a Comment