Skielik vlieg 'n perd verby met 'n klomp strooi in sy bek. Die een koei kyk verbaas op en gaan voort met haar hekelwerk.
Vir die tweede keer vlieg die perd verby, dié keer met 'n taamlike groot tak in sy bek. Die eerste koei kan dit nie meer hou nie.
"Het jy gesien? Daardie perd het nou twee keer hier verby gevlieg. Eers met 'n klomp strooi en nou met 'n tak in sy bek."
"Ag, moet jou nie daaraan steur nie. Hy het seker 'n nes hier êrens," sê haar hekelmaat.
** Oom Koos het 'n bokram by die kerkbasaar met die lotery gewen.
Die tante was maar nukkerig toe hy besluit om die dier te hou en huis toe te neem.
"Waar gaan jy die dier laat slaap?" vra sy.
"In die kombuis," antwoord hy.
"En die reuk?" wil sy weet.
"Hy sal maar daaraan gewoond moet raak."
** Twee luislange seil oor die pad. Skielik vra die een vir die ander: "Is ons giftig?"
"Natuurlik nie," antwoord sy maat.
"Dankie tog. Ek het nou net my lip raakgebyt."

No comments:
Post a Comment