** 'n Onnutsige aap en 'n hiëna het eendag geredeneer oor wie die dapperste is. Volgens die spoggery sou nie een hom selfs deur 'n leeu laat rondjaag nie.
Terwyl hulle nog so gesels, kom daar juis 'n befoeterde leeu aan. Toe hy hulle sien, storm hy. Die aap is in die boom op, maar die hiëna kon nie betyds wegkom nie en 'n hewige geveg ontstaan.
Die hiëna het die spulletjie net-net oorleef. Terwyl hy nog bebloed onder die boom lê, klim die aap af en stap nader.
"En toe," sê die hiëna, "ek dog jy is so dapper en jy kom help my nie eens toe die leeu my pak nie."
"Ek is jammer, man," sê die aap. "Ek het gewonder of ek jou moet kom help, maar ek het gehoor jy lag so lekker. Ek dog toe jy is aan die wen!"
** 'n Blinde haas en 'n blinde slang loop mekaar per toeval raak.
"Wat is jy?" vra die slang.
"Voel maar, sê die haas.
Die slang doen dit. Ná 'n paar minute sê hy: "Jou vel is so wollerig. Jou agterbene is so sterk. Jou ore is so lank. Jy moet 'n haar wees."
"Jy is reg. Maar wat is jy?" vra die haas.
"Voel maar," sê die slan.
Die haas doen dit. Ná 'n paar minute sê hy: "Jou vel is so glibberig. Jou tong is so skerp. Jy voel so koud. Jy moet 'n aksepbankier wees."
** Gehoor wat die een skaap aan die ander gesê het tydens die destydse vragmotorversperring by Mooirivier?
"Hel, ou maat, as dit so aangaan, kom ons nooit lewendig by die slagpale uit nie!"

No comments:
Post a Comment