Maar die bloed sal vir julle 'n teken wees aan die huise waarin julle is: As Ek die bloed sien, sal Ek verbygaan. En daar sal geen verderflike plaag onder julle wees wanneer Ek Egipteland tref nie.
Wat 'n treffende voorspelling van wat Jesus, die lam van God, vir ons kom doen het.
Jesus verduidelik aan sy dissipels hoe sy bloed ons in die nuwe testament sal vergewe van sondes (Matt. 26:28)
Wanneer God, (wat Heilig is en geen sonde voor Hom kan stand hou nie) kom om die mens ter dood te veroordeel, sal net die bloed van Jesus ons kan red, en God sal verbygaan en sy genade sal ons deel en redding wees.
Jesus se bloed het ons kom red en gereinig; sy geregtigheid het ons wat sonde gedoen het versoen met die Vader en sy woede van ons afgewend.
Dankie Here, u genade red my van die dood en maak my vry. Die bloed (aan my huis) is vir my die teken. Geen verderflike plaag (die ewige dood) sal my tref nie. Jesus, u bloed reing en heilig my; U versoen my met die Vader. Ek verdien nie u genade en geregtigheid nie, maar u liefde het my gered. Amen.
No comments:
Post a Comment