Sunday, 1 June 2025

Oomblik van stilte: Ps. 13:6

Maar ek, op u goedertierenheid vertrou ek; my hart sal juig oor u heil. Ek wil sing tot eer van Here, omdat Hy aan my goed gedoen het.

Die vraag was al baie keer gevra: Het jy al ooit aan al die goeie dinge gedink wat God vir jou gedoen het? Onthou jy al die goeie dinge wat God vir jou, jou kinders en familie en vriende gedoen het? Onthou jy hoe goed God vir jou was by jou werk en besigheid en hoe Hy jou geseën het met sy voorsiening?
Miskien is dit nou die tyd om Hom te dank, eerstens vir sy bloed wat jou genees, gereinig en geheilig het.
Sê vir God dankie vir jou daaglikse brood en ander aardse rykdomme waarmee Hy jou seën. 
Sê ook dankie vir jou genesing in jou siel en liggaam. 

Here, ek prys U vir u goedheid en barmhartigheid oor my. Op mense kan ek nie vertrou nie selfs nie op prinse nie. Oor U juig my hart en sal ek van U goedertierenheid vertel. U het aan my goed gedoen en ek sal u Naam besing en lof bring. Amen.

No comments:

Post a Comment