Heerlike eetgoed en snoepgoed was deel van vandag se engelpakkie. Koue dae aktiveer juis die knibbelwurm in elkeen van ons. Elke Ons Huis-knibbelaar het vanaand 'n soet vooruitsig voor die TV. En nie net is daar na die innerlike, maar ook aan die uiterlike gedink. 'n Warm kombers was die kersie op die koek!
Koue wintersdae is net die regte tyd vir heerlike dik huissop. Vandag se kuier het ook heerlike sop en vetkoek op die spyskaart gehad. Die engele het so kuier-kuier van kamer tot kamer beweeg en al geselsend oor 'n koppie sop na elkeen se welstand verneem.
Na baie lag, gesels, eet en kuier moes die engele groet. Daar is darem die vooruitsig dat hierdie groet net tot 'n volgende keer is.
Foto's: Millie Mouton


No comments:
Post a Comment