Maar oor die huis van Dawid en oor die inwoners van Jerusalem sal Ek uitgiet die Gees van genade en smekinge; en hulle sal opsien na My vir wie hulle deurboor het,
Wie is die persoon wat hier praat? Die een wie se hande en voete deurboor is, wie se sy gesteek is met 'n spies, die een wat deur mense gewond is en wie se bloed ons gereinig het.
En as iemand vir hom sê: Watter wonde is daardie tussen jou hande? dan sal hy antwoord: so is ek geslaan in die huis van my vriende (Sag. 13:6).
Dis vir jou wat God sy genade en smekinge gegee het; om jou te red en vir ewig as gereinigde in die koninkryk van die Vader in te bring.
Dankie my Vader, U het my kom red met u seun. U is die drie-enige God, Hy wie se Gees van genade en smekinge in my is. Ek erken U as die Seun van God, op wie die Gees soos 'n duif gekom het, en die Vader gespreek het, dit is my Seun ... Al drie persone van God saam. U het vir my kom sterf en is geslaan om vir my genesing te bring. Amen.
No comments:
Post a Comment