Monday, 9 June 2025

Vandag se gebed vir jou: Verstaanharte

Liewe Heer,
U is ons Vader ...
die een wat weet van elke hart
wat vanaand trane stort oor
'n geliefde of enige ander smart
wat teen harte se ruite afloop
klein stroompies verlang koop
maar die verskil is Here ons
vra vir 'n antwoord saam
Here ons roep U by die naam
Vader, Seun en Heilige Gees
sal U asseblief vanaand by ons wees
ons hande in U s'n neem
ons op die regte pad lei
ons die regte koers laat kry
Vader U is die Alfa en Omega
U luister na al ons gekla
hoor dan ook nou ons
loflied wat ons tot U bring
as ons U Naam besing
God, Almagtig Opperheer
die Vader wat ons daagliks leer
om dienaars hier op aarde te wees
behoeftes in mekaar se oë te kan raaklees
U wat ons liefdevolle verstaanharte gee
om vir mekaar daardie ekstra tree te loop
wees in hierdie nag by as ons dalk sou vrees
God en Vader ons vertrou U Heilige Gees
kom dan nou en maak ons vry
om teen die self in ons te stry
gee ons net vrede Heer
sodat ons U kan dien weer
Amen

[Dankie, Anoniem]

No comments:

Post a Comment