Friday, 27 June 2025

Plaasstaaltjie: Konsternasie buite Clanwilliam

Wil darem vertel van die konsternasie op Aggenbagskraal se werf nou annerdag.
Die manne was besig om skaap te werk. 'n Swerm bye takel die skape. Hulle maak hek oop en jaag uit.
Die bye draai om en takel die hoenders langsaan. Hulle kêk-kêk-kêk en skarrel die werf vol.
Die honde bekyk die malspul en vlieg onder hulle in.
Die bye sê: "Vat so!!" En takel die honne.
Gelukkig het die bye later genoeg gehad en kry koers.
Die skade was 'n paar dooie hoenders en twee hondjies wat vir 2 dae bietjie dronk was.
Daar was seker laas so 'n groot gedoente toe Aggenbagskraal se ou huis in 1920 afgebrand het.

[Dankie, Freda, vir die heerlike storie.]

No comments:

Post a Comment