Thursday, 19 June 2025

Ouma se wenke: Vlekke

* Plafonne: Plafonne wat klein merkies of vlekke op het, kan weer nuut lyk as dit met wit skoenpolitoer behandel word.
Vir kwaai waterlekke wat die plafonne bruin vlek: Verf wit padverf daarop. Die bruin vlekke sal nie weer deurslaan nie.

* Roes: Vryf 'n bietjie wynsteensuur saam met water op die roesvlek.

* Sigarette: Gooi bakpoeier onder in asbakkies om stompie brandvlekke te voorkom en reuke te verminder. Verwyder nikotienvlekke van jou hande met suurlemoensap.

* Vlekvryestaal
Om messegoed van vlekvryestaal skoon te kry, maak die opwasbak in jou kombuis halfvol water, voeg 'n halwe koppie huishoudelike bleikmiddel daarin en week die messegoed 'n halfuur lank. Spoel deeglik af en vryf droog.

No comments:

Post a Comment