Tuesday 11 July 2023

Dinsdag-denke: Die verhaal van die klein miertjie

Daar is ‘n pragtige verhaal van ‘n klein miertjie wat op die oor van ‘n groot olifant saamgery het. Op ‘n stadium moet die olifant ‘n rivier oorkruis waarvan die stroom baie sterk is. Die enigste manier om die rivier veilig oor te steek is om oor die wankelrige hangbrug te loop. Trappie-vir-trappie, en al swaaiend, loop die olifant stadig oor die hangbrug wat net-net die swaar gewig kan dra. Uiteindelik is die olifant en die miertjie veilig oor die brug, toe die die miertjie sê: “Sjoe, maar daardie brug het ons twee nou behoorlik laat bewe.”

Alhoewel die miertjie nie vreeslik hard gewerk het om die brug oor te steek nie, was dit tog die twee van hulle wat sáám die brug oorkruis het.

Dit is dieselfde met ons wat die pad saam met Jesus aanpak. Hy is ons Leidsman en krag terwyl ons die pad saam met hom stap

No comments:

Post a Comment