Tuesday 18 July 2023

Dinsdag-denke: Voetspore in die sand

Een nag het ek ’n droom gehad.
Ek het gedroom dat ek op die strand loop en gebeure uit my verlede het voor my afgespeel.

In elke toneel het ek twee rye voetspore in die sand gesien: myne en die Here Jesus s’n.

Toe die laaste toneel voor my afspeel‚ het ek teruggekyk na die voetspore in die sand en merk toe op dat daar soms net een ry spore was.

Dit was telkens gedurende die eensaamste en droewigste tye in my lewe!

Dit het my gehinder en ek het gevra: “Here‚ toe ek begin het om U te volg‚ het U beloof dat U my nooit in die steek sal laat nie.
Hoekom was daar dan net een ry spore gedurende daardie moeilike tye in my lewe? Ek kan nie verstaan waarom U‚ in die tye wat ek dit die nodigste gehad het‚ my verlaat het nie.”

Die Here het geantwoord: “My liewe kind! Ek het jou lief en sal jou nooit verlaat nie. Die tye wat jy net een ry spore gesien het was die tye toe Ek jou gedra het.”

No comments:

Post a Comment