Monday 24 July 2023

'n Mens sterf en sien God naderkom met 'n groot reistas in Sy hand ...

Hulle begin praat ...

God:"Kom my kind, dis tyd om te gaan."
Mens: "So gou? Maar ek het nog baie planne om ..."
God: "Jammer. Dis tyd om te gaan."
Mens: "Wat is in die tas?"
God: "Jou besittings."
Mens: "U bedoel my goed? Soos geld en klere en ..."
God: "Al daardie goed was nooit joune nie, dit behoort aan die Aarde."
Mens: "Is dit my herinneringe?"
God: "Nee, dit behoort aan Tyd."
Mens: " Is dit my talente?"
God: "Nee, dit behoort aan Omstandighede."
Mens: "Is dit my vriende en familie?"
God: "Nee, dit behoort aan die Pad deur jou geloop."
Mens: " Is dit my huweliksmaat en kinders?"
God: "Nee, dit behoort aan jou Hart."
Mens: "Dan moet dit my liggaam wees!"
God: "Nee my kind, dit behoort aan Stof."
Mens: "Dan is dit beslis my siel!"
God: "Ongelukkig is jy verkeerd. Jou siel behoort aan My."

Moedeloos en hartseer vat die mens die tas by God en maak dit oop ...

Leeg ...

Hartgebroke vra die mens: "Het ek dan nooit iets besit nie?"
God: "Dis reg, ja. Jy het nooit iets besit nie."
Mens: "Maar, wat wàs dan ooit myne?"
God: "Oomblikke. Elke oomblik wat jy geleef het, was joune. Jy het nét oomblikke besit."

Daarom ...
  • Doen goed, in elke oomblik.
  • Dink goed, in elke oomblik.
  • Lééf, in elke oomblik.
  • Hê lief, in elke oomblik.
  • Dank God vir elke oomblik.
Die lewe is net 'n oomblik:
  • Léwe dit ...
  • Geniét dit ...
  • Liéf dit ... elke oomblik
[Dankie, Rosetta Venter, vir hierdie bydrae.]

No comments:

Post a Comment