Tuesday 3 March 2020

Gebed van 'n bejaarde

As ek oud word, O Heer, maak my minsaam en lief.
As alles te swaar word en so vol ongerief.
As dit skyn of mense nie meer omgee vir my.
As ek treurig en alleen voel, wil U tog by my bly.

As my liggaamskragte verswak elke dag.
As pyne en smarte en lyding vir my wag.
As die laste te swaar word en ek begin vrees.
As ek dan tot U roep, wil U tog by my wees.

As ek my kwel en bekommer oor elke klein saak.
As alles my steur en alles my raak.
As ek dan vir ander tot las voel, o Heer.
As ek dan tot U kom, troos my tog teer.

As die jare verbygaan so een vir een.
As ek stil in my kamer soms sit en ween.
As ek my hart voor U blootlê, o Heer.
As ek so tot U kom, help my tog weer.

As ek miskien binnekort die doodsdal deurgaan.
As ek eersdaags miskien voor U troon sal moet staan.
As ek dan voor U kniel met bewing en vrees.
Laat die bloed van Jesus my beskerming wees.

[Onbekend]

No comments:

Post a Comment