Tuesday 28 July 2020

Hulp ...

Alle mense het een of ander tyd hulp buite die mens self nodig, nie waar nie?
Dit is nie 'n vorm van swakheid as hulp gevra word nie. Dit is eerder 'n vorm van swakheid en dwaasheid as hulp op die verkeerde plek of persoon (godheid) gesoek en gevra word!

So, nou is die vraag: Waar en by wie soek ek en jy hulp?

Laastens, dink daaraan, is dit bloot "toevallig" dat Jesus se EERSTE saligspreking dan juis gaan oor hulp en afhanklikheid van God?

"The Beattitudes” (Be-attitudes/wat ons houding-attitude moet wees)
Mat 5:3 Salig is dié wat arm van gees is, want aan hulle behoort die koninkryk van die hemele.
Arm van gees, vertaal in NAV met afhanklik van die Here.

Salomo het hierdie vertroue-afhanklikheid-hulp van die Here verstaan.

Ps.124:8 Ons hulp kom van die Here,wat hemel en aarde gemaak het.

No comments:

Post a Comment