Tuesday 12 September 2023

Wat is 'n oupa?

Oupa is mans-oumas.
'n Oupa is iemant nes jyself, net 'n biekie slimmer
want hy kan jou help met goed waarmee jy nie self
kan regkom nie.
Oupas gaan stap met klein sienkies en gesels net oor
visvang en trekkers.
'n Oupa werk nie en daarom het hy tyt vir jou
behalwe wanner hy wil slaap, want oupas slaap graag.
'n Oupa kan ook nie mooi sien nie,
daarom wil hy altyt weet wat jy doen.
Oupas het baaaie geld, want hulle koop elke dag die koerant.
'n Oupa is iemand wat altyd bly is om jou te sien,
want hoekom het hy altyt swiets in sy sak?
Elkeen moet tog probeer om 'n oupa te kry.
Hulle is beter as telewiesie.

No comments:

Post a Comment