Friday 29 September 2023

Hoekom is jy op die aarde geplaas?

Jy is nie op die aarde geplaas
om onthou te word nie.
Jy is hier geplaas
om vir die ewigheid voor te berei.
- Rick Warren (Die doelgerigte lewe)

Ons kyk rondom ons en dit lyk asof die wêreld en veral dié land uitmekaar val. Ons moet egter nie besorg wees oor die regeerders van hierdie wêreld nie. Daar sal 'n dag kom wat hulle ook rekenskap sal moet gee van hulle dade, net soos elkeen van ons.

Ons moet leef met ons oë op die Here Jesus gevestig en ons moet uit ons geloof leef.
Vlees en bloed is verganklik.
Maar ons gees is onverganklik in Jesus Christus

No comments:

Post a Comment