Monday 18 September 2023

Vandag se internetgebed vir jou: Gebed van 'n oumens

Hemelse Vader, is daar nog 'n taak vir my hier op aarde?
Is my oumensdae nou net dié van kyk en droom?
Het die wysheid van my jare oorbodig geword?
Is die eise van die tyd só dat die wysheid van 'n oumens
nie meer inpas by die eise van 'n lewe
wat sy waardes by die veranderende tydgees moet aanpas nie?
Is die wysheid van 'n oumens verkeerd
omdat dit outyds is?
Here, leer my om dat te kan bid
as my stram hande dom in hulle taak raak en
my saamwees met ander net verdra word.
Amen. 

No comments:

Post a Comment