Oupa, negentig jaar oud, het op die stoepbankie gesit. Hy het nie beweeg nie, sit net daar met sy hoof geboë en hy staar na sy hande.
Toe ek langs hom gaan sit het hy niks gesê of aangetoon dat hy van my weet nie en hoe langer ek gesit het, hoe meer het ek gewonder of alles reg is. Na 'n lang tyd se sit, vra ek hom toe of hy sleg voel en of ek vir hom iets kan doen.
Hy lig sy hand op, kyk na my en glimlag: "Nee," sê hy, "ek voel heel goed, maar dankie dat jy vra," sê hy in sy sterk basstem.
"Ek wou Oupa nie steur nie, maar oupa sit hier so doodstile en staar na jou hande en ek wou net seker maak alles is reg," verduidelik ek aan hom.
"Het jy al ooit na jou hande gekyk?" vra hy. "Ek vra of jy al regtig gekyk het?"
Ek maak my hande stadig oop en kyk stip na hulle. Ek draai hulle om, palms na boontoe.
"Nee," sê ek. "Ek het nog nooit so ernstig na my hande gekyk nie en ek weet ook nie wat Oupa bedoel nie."
Oupa het geglimlag en toe vertel hy my 'n storie: "Gaan sit 'n oomblik stil en dink oor die paar hande wat jy het, hoe hulle jou deur die jare bedien het! Hierdie hande, redelik vol plooie, gekrimp en swak, was al gereedskap wat ek gehad het deur my lewe om daaraan vas te hou, te gryp en te omarm.
*Hulle het kos in my mond gesit en klere aan my lyf!
*Hulle het my veters vasgemaak en my skoene aangetrek.
*Hulle was baie dae vuil, gebars en rou, geswel en vol bloed, vingers seer.
*Met hulle het ek my eerste kind by die hospitaal kon vashou.
*Aan my vinger was my troupand wat gewys het dat ek getroud was met 'n vrou vir wie ek lief is.
*Hulle het gebewe en geskud toe ek my oorlede pa uitgedra het na die begraafplaas.
*Hulle het gebewe van trots toe ek my dogter afgegee en haar sluier afgehaal het met haar troue.
*Met hulle kon ek my gesig verberg, my hare kam, my was en skoongemaak het.
*Hulle was baie dae taai, vuil, nat, vol vuil olie en sement, droog en rou.
*Baie dae, wanneer baie dinge regtig nie gewerk nie, hou hierdie hande my op, sodat ek stadig op die bed kan gaan lê en hou ek hulle bymekaar as ek bid.
*Hierdie hande was die waarborg wat ek gehad het teen die genadeloosheid van die lewe.
*Maar die belangrikste is: Dit sal hierdie hande wees wat die Here sal vat en my in Sy koninkryk inlei.
*En met my hande sal Hy my optel aan Sy sy en dan sal ek hierdie hande gebruik om Christus se gesig aan te raak.
Ek was verstom oor oupa se storie. As ek nou na my hande kyk, weet ek dat God oupa se hande sal streel en hom sal toelaat dat hy Sy gesig mag aanraak.
Leef dan so dat Hy jou hande ook in Syne kan vat.
Robert van Wyk
[Dankie, André]
No comments:
Post a Comment