Monday 11 September 2023

Vandag se internetgebed vir jou: Hou my vas liefdevolle Vader

Hou my vas, liefdevolle Vader.
Wees met my deur die ure van die nag;
Wees met my deur die dag.
Hou U my hand;
Lei U my voet;
Vertroos U my hart,
Ek laat myself, my drome, my hoop,
my lewe, my toekoms aan U oor.
Waar ek is, daar is U.
In my nood antwoord U.
In my vreugde glimlag U met my.
As ek die hoekoms en die waaroms nie kan begryp nie,
Skyn U lig voort.
Dit lok my na waarhede nog onbekend,
Na dieptes van begrip waaraan niemand nog geraak het nie.
Wees met my Heer,
Vandag ... môre en in die dae wat kom,
Hou my vas, liefdevolle Vader.
Amen.

No comments:

Post a Comment