Monday 9 April 2018

Riglyne vir seniors wat oefening wil doen...

Ons deel die riglyne wat op die OTMT-webwerf is met u. Geniet die oefeninge!

* Kry eers goedkeuring by jou dokter indien jy wil begin oefen.
* Geskikte tipe oefening sluit byvoorbeeld in: Stap, swem, dans, tuinmaak, houtwerk doen en vloere vee.
* Dis belangrik om gereeld te oefen, minstens 3 keer per week - verkieslik meer indien moontlik.
* Lae-impak oefening is die veiligste, veral vir diegene wat aan rumatriek of ortopediese toestande ly.
* Lae-impak oefening sluit byvoorbeeld in: Ry op 'n oefenfiets, stap en swem.
* Hiperbelangrik: Begin oefensessies altyd met lang opwarmingsoefeninge.
* Na die opwarmingsoefeninge, doen oefeninge van 'n lae intensiteit, wat geleidelik meer intens raak.
* Wees veilig terwyl jy oefen: Hou vas aan 'n stoel of tafel
* Doen die oefeninge op die vloer as jy geneig is tot lighoofdigheid.
* Doen die oefeninge saam met 'n vriend/vriendin - dis veiliger en baie aangenamer.
* Eindig 'n oefensessie met strekoefeninge om die spiere soepel te hou.
* Weet wanneer om te stop.
* Indien jy in 'n aftreeoord bly, begin 'n oefengroepie wat op 'n gereelde basis bymekaarkom.
* Roep hier die hulp van 'n fisioterapeut, instruktrise of 'n biokinetikus in.
* Onthou, indien dit nie moontlik is vir fisiese oefening nie, is daar nog altyd breinoefening. Oor twee weke word daar gekyk na breinoefening. 
[Gaan loer gerus by die OTMT-webwerf vir verdere inligting]

No comments:

Post a Comment