Wednesday 18 April 2018

Wat die ouderdom ons leer...

1. Om oud te word, is verpligtend, om groot te word, is opsioneel.

2. Vergeet die gesondheidskosse, ek het al die preserveermiddels nodig wat ek kan inkry!

3. Wanneer jy val, wonder jy wat jy nog kan doen, terwyl jy daar onder lê.
4. Jy word baie oud wanneer jy dieselfde sensasie ervaar van ’n skommelstoel as wat jy vroeër ervaar het van ’n roller coaster.

5. Dit is frustrerend wanneer jy al die antwoorde weet, maar niemand doen die moeite om jou te vra nie.

6. Tyd mag miskien ’n wonderlike geneser wees, maar dis ’n patetiese skoonheidskundige.

7. Wysheid kom met die ouderdom, maar somtyds kom net die ouderdom.
8. Jou sig verbeter met die ouderdom, want jy moet die boek al verder van jou oë af weghou
.
9. Die enigste een wat jou gereeld wil sien, is nou dokter.

10. Oumas en oupas behoort altyd ’n lekkertjie in hul sak te hê.

No comments:

Post a Comment