Sunday, 8 November 2026

Oomblik van stilte: 1 Tim 6:12 & Romeine 8:17

Paulus sê vir Timótheüs: “Stry die goeie stryd van die geloof, gryp na die ewige lewe waartoe jy ook geroep is en die goeie belydenis voor baie getuies afgelê het” (1 Tim. 6:12).

In sy tweede brief het hy aan hom gesê: “Ly verdrukking, doen die werk van ‘n evangelis, vervul jou bediening” (2 Tim. 4:5). As ons saam met Christus vir die waarheid ly, sal ons ook eendag saam met Hom verheerlik word (Rom. 8:17). 

Ons is in ‘n stryd gewikkel en moenie nou al koninkrykstoestande verwag nie ...maar hou goeie moed ... eendag wel.

Vir baie mense het die vensters waardeur hulle na die ewigheid moet kyk, dof geword omdat hulle hul vas staar teen die tydelike materiële dinge, haglike omstandighede en internasionale politiek.

Kom ons kyk met geloofs-oë en hou vas aan Sy beloftes.

No comments:

Post a Comment