Thursday, 26 November 2026

Ouma se wenke: Noodhulp uit oumagrootjie se noodhulptassie

 Blaas op hakskeen: Klits wit van eier en sit op hak.

 Bloukol: Smeer onmiddellik botter aan om te verhinder dat bloukol 
     vorm waar jy geval het of jou gestamp het. 

 Bysteek: ‘n Bietjie asyn op ‘n bysteek - trek die seer uit. Smeer uie oor 
     ‘n bysteek nadat die angel afgekrap is – dit neem die brand weg.

 Doring: Smeer ‘n mengsel van Engelse sout en vaseline op die plek en  
     plak pleister bo-oor nadat jy die doring uitgetrek,

 Hik: Vir ‘n lastige hik, trek asem diep in en hou 25 sekondes lank so of 
     eet ‘n teelepel bruinsuiker gedoop in asyn - neem enige hik weg.

Idioom: Hakskeenblase is 'n doring in my vlees.

No comments:

Post a Comment