Friday 1 January 2021

Seënwense vir 2021

2020 was 'n jaar wat niemand van ons gou sal vergeet nie.
Dit het eise aan elke een van ons gestel.
Of jy nou jonk of oud, ryk of arm was, niemand is oorgeslaan nie.
Party van die uitdagings was makliker om te hanteer as ander.
Een ding is vir seker, Cocid-19 het ons oë oopgemaak
vir dinge wat ons as vanselfsprekend aanvaar het.
Dinge waaroor ons nie vir 'n oomblik nagedink het nie.
Kuier en besoekies hier in Ons Huis het opgedroog.
Kommunikasie is beperk tot die foon.
Vryheid van beweging is skielik ingeperk, om te kom en gaan
soos wat ons wil, wat selfs in ons jare, maar beperkend is,
is/was 'n luukse.
Ons as mense, wêreldwyd, het kreatiewer leer dink en werk.
Ons het leer uitreik na hulle wat minder as ons het,
en wat ons dikwels nie raakgesien het nie.
Die oomblik toe ons almal in dieselfde water is,
het ons besef dat almal se bootjies nie dieselfde is nie.
Ons het ons hande uitgesteek na ons medemens.
Ons het geleer wat dit eintlik beteken om kerk te wees.
Dit is om vir ander 'n ware gestroopte voorbeeld te wees.
Ons gaan innerlik sterker anderkant uitkom.
Ons gaan beter individue wees,
want ons het geleer
dat ons mekaar nodig het.  
 
Seën vir 2021  


No comments:

Post a Comment