Sunday 3 January 2021

'n GROOT dankie vir 'n betrokke 2020

'n Baie groot dankie aan elke leser wat betrokke gelees en gereageer het. 

Dankie aan elkeen wat so gereeld gedurende 2020 berigte, preke en skryfsels gestuur het om hierdie blog van ONS HUIS aan die gang te hou. 2020 was nie 'n maklike jaar nie en baie wat tussen die vier mure van hul ouetehuiskamers vasgekeer was, het hoop en inspirasie hier gevind. 

2021 begin in 'n sekere sin waar 2020 opgehou het, daarom vra ons dat elkeen wat betrokke was, sal voortgaan om nuus, preke en bemoedigende boodskappe te stuur. Ons sien uit daarna. 

No comments:

Post a Comment