Monday 15 July 2024

Vandag se internetgebed vir jou: God is 'n God van stukkende harte

Vader, soms is my hart regtig flenters-seer, sodat ek myself in 'n kokon wil toespin. Dankie dat U in sulke tye die woorde hoor wat ek nie kan uitspreek nie en die groot seer sien. Dankie vir U sagte hand van liefde wat my dra tot ek weer die wêreld kan begroet. Dankie dat U by uitstek 'n Vader vir mense met stukkende harte is.
Amen

No comments:

Post a Comment