Monday 1 July 2024

Vandag se internetgebed vir jou: Vergewensgesindheid

Here, ek is so geneig om ander mense te kritiseer
en vir hulle kwaad te word
wanneer hulle dieselfde dinge doen
wat ek in my eie lewe probeer toesmeer.
Leer my asseblief om heel eerste
my eie foute raak te sien
en iets daaromtrent te doen
voordat ek ander mense se foute
uitlig en buite verhouding opblaas.
Vergewe my dat ek aan ander mense
veel hoër eise stel as aan myself.
Help my om ook teenoor my geliefdes
verdraagsaam te wees wanneer
hulle dieselfde foute maak as ek.
Maak my vergewensgesind
sodat ek elke keer bereid sal wees
om ander mense hulle foute te vergewe
soos wat U elke keer my sondes vergewe
wanneer ek U daarom vra.
Amen.

[Anoniem]

No comments:

Post a Comment