Sunday 7 July 2024

Oomblik van stilte: Rom. 8:2-5

Want die wet van die Gees van die lewe in Christus Jesus het my vrygemaak van die wet van die sonde en die dood. Want God het - wat vir die vlees onmoontlik was, omdat dit kragteloos was deur die vlees - deur sy eie Seun in gelykheid van die sondige vlees te stuur, en dit ter wille van die sonde, die sonde veroordeel in die vlees, sodat die reg vervul kan word in ons wat nie na die vlees wandel nie, maar na die Gees.

Die vlees en die Gees is vyande van mekaar, die een bedink dood en die ander bedink lewe en vrede. (vers 6). God gee jou dieselfde Gees van lewe wat Jesus Christus uit die dood opgewek het (vers 11). Almal wat deur die Gees gelei word, die is kinders van God. (vers 14). Die Gees getuig ook saam met ons Gees, dat ons kinders van God is, en erfgename en mede-erfgename saam van Christus, as ons saam met Hom gelei het. (vers 16&17)

Here, ons sug saam met die hele skepping in afwagting van die aanneming tot die kinders, naamlik die verlossing van die liggaam (vers 23). Maar net so kom die Gees ons swakhede te hulp, want ons weet nie reg wat om te bid nie, maar die Gees tree vir ons in met onuitspreeklike sugtinge (vers 26). Wie sal my skei van die liefde van Christus - verdrukking of benoudheid of vervolging of honger of naaktheid of gevaar of swaard (vers 35). Maar in al hierdie dinge is ons meer as oorwinnaars deur Hom wat ons liefgehad het (vers 37). Amen.

[Aangestuur deur Pieter Swanepoel]

No comments:

Post a Comment